Geestelike Droogte

(Terug na Hooftuisblad)

(Terug na Inhoud)

Die geestelike droogte bring ook die geestelike dood. Waak teen die Bose wat die siel aftakel en laat sterf en in die verderf laat beland.

Geestelike droogte kan veroorsaak word deur onwilligheid om die wil van God vir jou lewe te aanvaar. Dit kan ook veroorsaak word deurdat jy toelaat dat ander dinge God se plek in jou lewe inneem, dinge van die wêreld, jou eie wil en begeertes wat eerste gestel word. As jy volhard om iets te doen teen die wil van God, is jy besig om jouself te belas en om jouself van Hom te skei. Miskien wil jy God se pad nie loop nie omdat jy nie genoeg selfvertroue het nie of omdat jy bang is wat op daardie pad met jou kan gebeur, wat van jou gevra en verwag word. Daarom sal jy geen vrede hê nie.

Ons moet Christus se vrede hê, want hierdie vrede is Christus self (Ef 2:11-22) en daarom moet ons kinders van Hom bly, ons moet sy vergifnis vra en gereinig word van alle ongeregtigheid en ongehoorsaamheid. Ons moet Sy heerskappy in ons lewens toelaat, Sy wil vir ons lewe aanvaar en gehoorsaam deur ook in vrede met onsself en ons naaste te leef, ons moet ons hart, ons gedagtes onder beheer bring en na God ophef. Die vrede, dit is reeds daar, vir jou gegee, jy moet net gewillig wees om Christus te volg en laat jy afgesonderd wees (Luk 24:36-49). Gehoorsaamheid vereis egter dat ons God volkome sal vertrou en in die geloof sy pad sal loop. Hoe moeilik die pad ook al is, wees onvoorwaarlik gehoorsaam en jy sal die vrede en vreugde ken wat die deel is van die wat onder leiding van God se Gees wandel.

(Terug na Bo)